Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Marion Erskine

@ Sunday Times Books LIVE

Marion Erskine Latest

OOS

OosDit is die bittersoet verhaal oor die ervaringe van ’n groep Suid-Afrikaners wat tydelik in Taiwan werk. Dit is ’n eksotiese verhaal, nie net as gevolg van die ruimte waarin dit afspeel nie, maar ook op grond van die ekstreme van uitbundige sentiment en die donker ondertone daarvan – dit is ’n oorvloedige ruiker van kleur en intrige.

Die verteller, Louis, kom in Taiwan aan om vir laerskoolleerlinge Engels te gee. Sy enigste kontak in hierdie wildvreemde land is ’n internet-vriend wat hom bekend gestel het aan die moontlikheid om in Taiwan Engels te gee. Deur hierdie kontak kom hy in aanraking mat ’n klomp jong Suid-Afrikaners en hul Chinese vriende, en dit is hoe hy bekend gestel word aan ’n absoluut vreemde kultuur en gewoontes wat vir hom die raarste gewoontes is wat hy nog teëgekom het.